Die wraak is myne!In die hof, na sy tien jaar vonnis vir bankroof, het Hannes hardop gesweer dat sy wraak almal wat teen hom saamgesweer het, sal tref. Ook die speurder, Odendaal, wat hom in die tronk laat beland het! In die tronk het hy geleer van plofstof, ploftoestelle en die elektroniese geheime van afstandbeheer.Toe hy na agt jaar, as gevolg van 'n presidensile amnestie vrygelaat word, was hy gereed om wraak te neem. Odendaal, nou 'n privaat speurder op aandrang van sy vrou, het huweliksprobleme, is hartlik gefrustreerd met sy werk maar besef na 'n paar bommoorde dat hy ook 'n teiken is, dalk die finale teiken. Hy moet homself, sy gesin en nog moontlike slagoffers probeer beskerm. Maar daar is nog ander rolspelers: Sylvia, op wie Hannes verlief is, die bankamptenaar wat ook by die bankroof betrokke was en sy misdadigervriend. Daar is Smiley en die onderwreld van Johannesburg. Wie kom die wraak toe?